Read Ebook: Hope and Have; or Fanny Grant Among the Indians: A Story for Young People by Optic Oliver
Font size:
Background color:
Text color:
Add to tbrJar First Page Next Page
Ebook has 1324 lines and 51249 words, and 27 pages
Illustrator: R. F. Keet
BOESMAN-STORIES
VERSAMEL DEUR
G. R. VON WIELLIGH, Oudlandmeter-Generaal van die Z.A. Republiek.
DEEL I, MITOLOGIE EN LEGENDES.
Tekeninge deur R. F. Keet.
Alle regte voorbehou.
Drukkers en Uitgewers: DE NATIONALE PERS, BEPERKT. 30 Keeromstraat, Kaapstad, Bloemfontein en Pietermaritzburg. 1919.
INHOUD.
No. Bladsij.
'n Paar Woorde vooraf i 1. Hoe Boesmans Stories vertel 1 2. Nag en Duisternis en hulle drie Dogters 9 3. Die Berge is die oudste Dogter 17 4. Die Wind en die Windvo?l 25 5. Die Weerklank of Echo 31 6. Die Vlaktes is die tweede Dogter 41 7. Die Vuur en die 'Nu-Fees 47 8. Die Opgewing of Lugspiegeling 53 9. Die Waters is die jongste Dogter 59 10. Die Re?nbees en die Bobiaan 67 11. Die groot Waterslang 75 12. Die Son is die Kop van Danser Vuurman 85 13. Die Maan is die Skoen van die Hotnotsgod 95 14. Die Sterre is Kole en As 101 15. Die Hamerkopvo?l en die Paddas 107 16. Die Uil en die Muise 113 17. Die Re?nboog 119 18. Die Hotnotsgod en Bobiane baklei 127 19. Die Meid van die Waters 137 20. Die geniepsigheid van die Skilpad 143 21. Die M?rester is die Hart van Dageraad 149 22. Die Aandster is die Oog van Aandskemering 161 23. Dampertjie en Spuitertjie skiet met Weerlig 169 24. Die Diere vra om Kos en Water 177 25. Boesman-Gebede 185 Naberig 193
'N PAAR WOORDE VOORAF.
Ons het tans die eer om Deel I van ons versameling van Boesman-Stories die ge?erde Publiek aan te bied, met die hoop dat ons val in die arms van billike beoordelaars. Want om so 'n versameling bijeen te bring vereis meer geriewe as waaroor ons tans beskik. Ons kan slegs aanbied wat opoffering, tijd en geduld ons in die hande gestel het, daar 'n ieder oortuig is dat goeie Boesman-storievertellers reeds baie uitgedun is.
As kind het ons vir die eerste maal in 1870 met Wilde Boesmans kennis gemaak; want dit was in daardie tijd dat ons met ons vader 'n reis deur dele van Namakwaland, deur Boesmanland en die Hantam onderneem het. Saands, en ook gedurende die dag, het baie van die oudjies bij ons wavuur kom aansit om te gesels. Daar was toe nog baie van hulle wat net van die jag op die ope gronde geleef het. Vir 'n geringe vergoeding was hulle te gewillig om aan die kleinbasie stories te vertel wat ons met ope mond en ore ingedrink het.
In 1876 tot 1878 het ons met opmeting van gronde verskeie Boesman-veewagters in die Karoo ontmoet; dog dit was nie voor twee jaar later dat ons regtig die saak in groter erns opgeneem het nie. Want dit was in 1880 tot 1883 dat ons 'n Landmeterskantoor op die dorp Calvinia geopen het. Die opmetings van gronde het ons weer terug na Boesmanland en Agter-Hantam gevoer, alwaar ons baie geleentheid gekrij het om aantekeninge te maak.
Aangesien die Boesmans nie as 'n georganiseerde nasie leef nie--sonder burgerlike of kerklike ontwikkeling--, is dit maklik te verstaan dat hulle oorleweringe uiteenlopend is. Om hierdie rede kan ook nie verwag word dat hul hulle stories presies eners sal vertel nie. So sal ons baie lesers vind wat sal s?: "Ek het die Stories, soos hier neergeskrijwe, anders hoor vertel." Met dit voor ons, het ons 'n Storie net so neergeskrijwe as 'n Boesman ons dit op sij gebrekkige manier vertel het. Vind ons dan later 'n goeie verteller, dan herhaal ons die Stories aan hom en vra hom wat hij daarvan afweet. Dit het ons geluk 'n paar uitstekende vertellers langs die Hartbees- en Hantamriviere te ontmoet, en wat ons hier meedeel is mees die vrug wat ons bij hulle kon insamel. Sommige van hulle was met die Kalaharie goed bekend.
Uit die Boesmanversameling sal dit duidelik blijk dat daar wel deeglik digterlike sin en verhewenheid van gedagtes in sekere mate bij die Boesmans bestaan. Sommige dinkbeelde is treffend in woorde uitgedruk; so s? 'n Boesman b.v. eens aan ons: "Baas, watter nuws bring jij vir ons? Goeie en slegte tijding is nes die wind wat van v?r af kom--dit bring die heerlike en slegte geure met hom saam."
So ver ons uit die verhale opmaak, bestaan onder die Boesmans geen bepaalde, uitgewerkte stelsel van godsdiensopvatting nie. Dit kan ook nie anders nie; want onder hulle bestaan geen erkende priesterstand nie. Iedereen het sij eie begrip oor die mag van goeie en slegte geeste. Hulle glo dat daar eers 'n flouw lig bestaan het voor die Son gekom het. Die ougeslag of voorgeslag kon hul verander net soos hulle wou. Die Son, Maan en Sterre word tesame met die Hotnotsgod vereer. Die bestaan van dinkbeeldige Diere word erken en hulde toegebring. So word re?n deur die Re?nbees gemaak, fonteinwaters deur die groot Waterslang met die steen op sij kop, wind word deur 'n Vo?l gemaak, ens. Hulle glo in 'n opstanding van die afgestorwene, en glo dat die dood later deur 'n Haas in die w?reld gekom het. Hulle begrip van opstanding ontleen hul aan die Maan, wat ieder maand sterf en weer herleef.
Met die skrijwe van hierdie "Boesman-Stories" het ons die gedagtes van die Boesmans in ons eie woorde vertolk; want as daar 'n nasie is wat omslagtig in sij manier van vertel is, dan is dit seker 'n Boesman: hij kan een en dieselfde ding oor en oor herhaal, wat vir die wetenskaplike ondersoeker van belang mag wees, maar voorwaar glad nie vir gewone lesers nie. Daarom het ons 'n eenvoudige taal gekies om die Stories in te vertel.
In Europa en Amerika word tot nog vrugtelose pogings aangewend om gewilde en ingrijpende "Diere-Stories" te skrijwe; hier in Suidafrika het die Hotnots en Boesmans di? reeds vir ons eeuwe gelede uitgewerk. Al wat ons te doen het, is om die rijk oes in te samel. Maar in plaas van dit te doen, is dit ou nuws vir ons, en so nou en dan verskijn daar 'n Storie in 'n koerant of tijdskrif, terwijl die gros aan die golwe van verslindende Tijd oorgelaat word om spoedig die versluierde diepte in te stort. Waarvoor ons nageslag ons nie "dankie" sal s? nie.
DIE SKRIJWER.
Hendrina, via Estantia-Stasie, Tvl., 21 Aug. 1918.
DIE KONINGIN VAN SKEBA.
Die Egiptiese Koningin Hatshepsu het meer as 1,500 jaar voor die geboorte van Christus regeer. Sij het 'n gesantskap met skepe na die Landpunt gestuur om daar skatte te gaan haal om 'n tempel vir haar god Amon-Ra te bouw. Die skepe het drie jaar weggeblij en het goud, edelgesteente en speserije gebring. Die Koningin van daardie land het self oor land gekom en nog meer skatte saamgebring. Hatshepsu het die tempel toe te Deir-el-Bahri nabij Tebe in Egipte gebouw. Ter ere van die optog van die Koningin van Skeba het Hatshepsu 'n tekening in die tempel laat afskilder en dit is vandag nog te sien. As jij eendag die geluk het om di? tempel te besoek, let op na die postuur en kleredrag, na die klein handjies en voetjies, die plat neus en kroeshare van die Koningin van Skeba. En wie sal nie s? nie: "Dis 'n uitgeknipte Boesmanmeid"?
Hatshepsu het begin te regeer in 1552 voor die geboorte van Christus en Salomo in 977 voor die geboorte van Christus, dus was die Koningin wat Salomo besoek het, 'n ander persoon.
NO. 1.
HOE BOESMANS STORIES VERTEL.
OPMERKINGS:--Hierdie verhaal is nie juis 'n Boesmanstorie nie; maar ons kan die Stories beter vat as ons met die omgewing, en die omstandighede waaronder hulle vertel word, bekend is. In hierdie geval verbeel ons ons dat ons met ons ouers en die vee daar v?r in Boesmanland in die trekveld langs 'n kolk water is. Ons trek bestaan uit 'n tentwa, waarnaas 'n groot gerieflike matjiesgoedhuis staan. Die huis lijk net soos 'n groot miershoop van 8 of 10 voet hoog, die gebo? raamwerk is met matjiesgoed-matte oordek. In die dag is die huis lekker koel; as dit re?n dan swel die matjiesgoed en word potdig.
Kort voor sononder roep ons pa: "Toe kinders, daar kom die vee werf-toe, loop help met die boklammers!"
Dit was glad nie nodig om dit aan ons te s? nie; want ons is reeds op 'n draf na die vee se l?plek toe. 'n Bok is mos 'n snaakse dier--die ma hou haar onnosel asof sij nie haar eie lam ken nie. So hol sij van een lam na die ander, en die lammers weer hol van een ooi na die ander--en moenie praat van die gebler wat intussen plaasvind nie. Ons outa Bamboes maak nooit met 'n lammetjie fout nie--daarvoor is hij te oplettend; en as ons nog abuis het, dan grijp hij die lam uit ons hande en s?: "Maskas, basie, julle sien dan al aande die lammers en julle ken hulle dan nog nie? Is julle dan net so dom as die bokke?"
Outa Bamboes se ou meid is ook bij, en so neem dit nie te lank nie of ieder lam het sij moeder, en ons stap gesels-gesels terug na die wa toe.
Nou begin ou Bamboes bij ons te pamperlang en s?: "Toe, mij basies, toe tog, as-jou-blief vra tog aan die oubaas om vir julle outa en ouaia 'n stukkie twak te au" .
Ons hol dan vooruit wa-toe en vra vir pa, wat net van die beeste af kom, net soos outa ons dit voorges? het.
Waarop pa antwoord: "Is dit al weer so? S? julle vir ou Bamboes en sij oumeid, die tabak groei nie op mij rug nie. Hulle moet stadig, stadig, die tabak is amper op."
Maar tog, pa gee vir ieder 'n span tabak en sluit die tabakrol weer in die wakis toe.
Blijhartig hol ons die twee oudjies ingemoet en oorhandig die kosbaarheid aan hulle. Dadelik is daar 'n gesoek na die ou knipmes, ieder snij 'n slaaitjie af, wat verder aan die sorg van hulle kieste toevertrouw word. Die owerige word nou nes goud bewaar. Hierop s? ou Bamboes: "Wag nou, mij basies, nou sal ek vir julle weer gaan vertel van die gedoentes wat die ouvolk gehad het."
Hulle twee stap saam na die kookskerm toe, wat net 'n paar tre? van die matjiesgoedhuis afstaan. Ons gaan om die vuur op ons houtblokke en veldstoeltjies sit; outa en sij oumeid skuif elk 'n klip onder hulle in en plak hul daarop neer. Ons ouers sit binne om 'n tafeltjie met ander reisigers gesels. Nou is ons net in ons glorie.
Die kookskerm is 'n ronde kraaltjie met 'n heining van bossies om. Bo is dit oop, sodat ons die sterre deur die opstijgende hitte kan sien dans; tussen ons flikker die gesellige aandvuurtjie.
Ons word al ongeduldig dat outa Bamboes so 'n lank tijd gebruik om die pruimpie op sij regte plek in sij kieste te plaas, daarom maan ons hom uit die staanspoor: "Toe dan, outa, vertel ons die Stories wat jij ons belowe het."
Dan val hij weg: "Mij basies en nonnies, nou gaan ek julle van hoeka se dinge vertel. In daardie dae het die witmense nog nie in hierdie land gewoon nie. Om julle die waarheid te s?: Ek weet nie of daar toe al witmense gewees het nie; want die vandag se Boesmans hulle ouers se ouers se ouers was toe nog nie daar nie. Die Son, die Maan en die Sterre het toe maar eers in daardie dae gekom. Nou moet julle weet: Dis nie van gister en eergister se dinge wat ek julle gaan vertel nie. Ek praat van die donker dae...."
Hier val een van ons die ou in die rede en vra: "Maar, outa, wanneer het die Son, die Maan en die Sterre dan gekom?"
Gouw was die antwoord daar: "Wag nou, mij basie, ek sal julle aanstonds in die gouwheid alles vertel. Wag tot ek daar kom. Julle moet reken dat ek nie soveel tonge as tande het om alles tegelijk te kan vertel nie--julle moet mij tijd gee. Ja, in daardie dae het glad 'n ander soort Boesmans gelewe as nou. Dit was vir hulle maar net 'n oogknip se werk om hulle in diere te verander. Daarom is baie van die diere, wat julle nou nog sien, niks anders as daardie ou Boesmans van daardie tijd nie--hulle loop nou in gedaantes van diere rond."
Hier las die ouaia 'n woordjie in en s?: "Mij basies en nonnies, julle moet verstaan, die ou Boesmans het toe baie meer hulle kinders moes oppas as nou, anders vang daardie ou toornaars gouw-gouw die kinders. Hulle was nie so slim as ons mense vandag is nie; maar die goeters kon so gevaarlik getoor het."
Ou Bamboes vat weer die woord en vertel: "Ja, in daardie dae sien jij misskien 'n mens staan, jij loop soontoe. As jij daar kom, staan daar 'n boom vol heerlike vrugte en die man is skoonveld-weg. As jij van die vrugte wil pluk, dan weg is daardie boom, en dan kijk jij in die tande van 'n Leeuw. Nou stap jij bang-bang agteruit, agteruit, om weg van daardie gevaarlike ding te kom. Hij verander hom meteens in 'n Springbok, wat dan plesierig rondom jou kom staan pronk. Meteens is hij 'n Hasie, wat ewe lief in jouw arms kom sit om jouw hande te lek. So het die ougeslag gemaak, net soos hulle lekker krij--die een dag is hulle dit en die ander dag weer iets anders. Hulle was toe net plesierig en vol pret."
Uit korswil vra een van ons: "En, outa, het daardie ouvolk dan ook streepkoppe en peperkorreltjies-hare gehad, net soos julle vandag het?"
Ons kinders lag, ou Bamboes gee 'n gebroke laggie; maar ouaia bestraf en s?: "Kijk nou, kijk nou, hoe spot die diesvolk se kinders met ons peperkorrels en streepkoppe."
Ou Bamboes pak weer die woord en vervolg: "Julle s? dis nie lekker dae daardie nie; wel ek s?: Gevaarlik of nie gevaarlik nie, trawal of nie trawal nie, traak mij of traak mij nie--dis algaar dinge voor ons tijd, waarmee ons nou niks te doen het nie. Wil julle mij kom vertel dat die Visse in die koue water dit swaarder het as die koggelmander op die warm sand? Of dat die Skilpad in die re?n op die grond dit natter krij as die Vo?ls daarbo tussen die nat takke? Nee, dis hulle geaardheid, en hulle is tevrede daarmee."
Nou begin outa ons een Storie na die ander te vertel. Nou en dan las die ouaia 'n woord tussen in en het baie te vertel wat haar ma, haar ouma, haar tantes en ander ou meide haar vertel het. Haar Stories is net so mooi en net so boeiend as di? van outa; want sommige Boesmanmeide is net sulke uitstekende storievertellers as hulle mans.
Dis wonderlik hoe na 'n Boesman aan die vuur kan sit sonder dat die hitte hom skroei. Die lekkerste sit van hom is as die rook so onder sij ken in speel: hij draai dan met 'n kreun en steun die kop opsij na die kant vanwaar die wind kom en hij kom klaar. Sij o? traan nie van rook nie.
As hij uitroep: "hiert!" dan weet ons dat 'n rooi jagspinnekop tussen ons deur 'n S maak. Ons spring op en roep uit: "Waar's hij, waar's hij?" maar die Boesmans blij bedaard sit. As 'n Skerpioen uit 'n dik stomp kruip, dan vat hij 'n stomp vuur en druk dit daarmee sonder erg dood. Die ander Goggas trap hij eenvoudig met sij strijkijstervoet dood. En die Wipmiertjies, wat teen sij bene op hardloop? Ag nee, dis maar niks nie!--hij klap hul met die hand dood. Verder sit hij perdgerus en steur hom aan niks nie.
Bij hierdie tijd hoor ons pa uit die matjiesgoedhuis roep: "Ou Bamboes, ek hoor die Skape bler, hulle trek, toe loop keer hulle weer terug l?plek-toe." En tot ons roep hij: "Toe kinders, bring die waswater en kom was, ons wag om te eet!"
Add to tbrJar First Page Next Page