Read Ebook: Hope and Have; or Fanny Grant Among the Indians: A Story for Young People by Optic Oliver
Font size:
Background color:
Text color:
Add to tbrJar First Page Next Page Prev Page
Ebook has 1324 lines and 51249 words, and 27 pages
Bij hierdie tijd hoor ons pa uit die matjiesgoedhuis roep: "Ou Bamboes, ek hoor die Skape bler, hulle trek, toe loop keer hulle weer terug l?plek-toe." En tot ons roep hij: "Toe kinders, bring die waswater en kom was, ons wag om te eet!"
Na die ete word die Boeke gevat, en daarna gaan ons bed-toe, met die soet voorsmaak om m?reaand weer met die lammertjies te help en om daarna weer Stories te hoor; want thuis op die plaas is dit neusie verbij met ons, dan is ons met iets anders besig.
NO. 2.
NAG EN DUISTERNIS EN HULLE DRIE DOGTERS.
OPMERKINGS:--Uit hierdie Storie blijk dit dat die Boesmans wel deeglik oortuig is dat alles uit Duisternis gebore is: dit was eers aand gewees en toe m?re gewees. Die outa wat ons die Stories vertel het, het altijd die Boesmanwoorde 'Ga en 'Gagen in plaas van nag en duisternis gebruik. En die Hotnotsgod het hij op sij Boesmans 'Kaggen genoem.
In die ou dae was daar net 'n skemering--net soos op 'n donker onweersdag. Dit was koud, en die Son, Maan en Sterre het toe nog nie geskijn nie. Ou 'Ga en sij ou vrouw 'Gagen het in 'n klipspelonk gewoon. Hulle het nie seuns gehad nie, maar net drie dogters.
Toe die drie meide groot geword het, neem die moeder klein Skilpadjies, haal die vleis daar uit, boor gaatjies aan die voorpunte van die doppies, gooi daarin klein klippies, om daarin 'n geraas te maak as die doppies geskud word; sij snoer die doppies in met 'n riempie van Bobiaanvel gemaak en hang die snoer om die nek van haar oudste dogter. Sij verbied die dogter om die snoer van haar hals af te haal, anders sal die kos in haar buurte opraak.
Toe neem die moeder weer klein kalbasdoppies, maak die doppies skoon, gooi daarin saadjies van bessies, snoer dit in 'n touwtjie van die binnebas van 'n boom gemaak en hang toe die snoer met klein kalbassies om die nek van haar tweede dogter. Sij verbied hierdie dogter ook om die snoer van haar hals af te haal, anders sal die veldkos in haar buurte ook tot niet raak.
Daarop neem die moeder die ore van Springbokke, slag die buitenste harige vel daarvan af, neem die binnenste wit pit van die ore en maak daarvan klein blasies, gooi toe eers daarin dro? sand om die sakkies mooi te laat droog. Toe die sakkies droog was, gooi sij daarin die harde korrels wat in Springbok-o? is, om 'n geraas te maak, rij die blasies in met 'n touwtjie van Springboksenings gemaak en hang die snoer om die nek van die jongste dogter, met die gebod om dit nie van haar hals af te haal nie.
Toe roep die vader en moeder die drie dogters om voor die mense te kom dans om te sien hoe mooi hulle kan dans en om te luister hoe pragtig die snoere om hulle nekke raas as die drie meide dans.
Baie mense het van ver gekom om na die pragtige danse van die drie jongmeide te kijk en het hulle baie verwonder. Maar die jonkmans was maar versigtig vir die drie meide, omdat hul die drie dansers as toorhekse beskouw het. D??roor het die drie hulle nie erg bekommer nie, want hulle was gelukkig waar hulle was.
Die Gogga, wat ons die Hotnotsgod, en wat die Boesmans 'Kaggen noem, en wat nes 'n lang, plat Sprinkhaan lijk, wat sij dik voorpote saam hou asof hij bid--wel, daardie Hotnotsgod het op 'n bossie gesit en het aldag sit en kijk en luister hoe die drie jongmeide dans. Om beter te kan sien en te luister, verander hij hom in 'n groot wilde bok en kom toe nader en kijk met nuwsgierige o? na die dansers.
Die ou vader grijp toe sij pijlkoker en boog en bekruip die groot bok; hij skiet en skiet, maar elke slag was dit mis. Hij kruip toe weer nader, vat goed korrel en toe raak hij die bok. Die bok hol 'n entjie weg en val dood--of liewers ges?: hij hou hom dood.
Daarop stap die vader en moeder met die dogters nader om die bok af te slag. Na hul hom afgeslag het, snij die ou die bok in vier kwarte. Hij vat 'n agterkwart en die vel en dra di?; sij vrouw dra die ander agterkwart en binnegoed; die oudste dogter vat 'n voorkwart en dra dit; die tweede dogter dra die ander voorkwart, terwijl die jongste dogter die kop met die rugstring daaraan pak en dra.
Die kop begin toe met die jongste dogter te praat en vra waarom hulle hom so seer moet maak. Die kop knip sij o? en steun erg pijnlik.
Die jongste dogter roep uit: "Pa, die bok se kop leef nog--hoor hoe praat hij met mij en hoor hoe steun hij!"
Die ander draers neem dit vir korswil op en steur hul nie aan die praatjies van die jongste suster nie.
Weer roep die jongste dogter: "Pa, dis regtig waar, die bok se kop leef nog, hoor hoe hij praat en steun--kijk hij knip o?."
Ook van hierdie gesegdes van die jongste dogter word geen notiesie geneem nie. Die draers stap voort.
Maar toe die jongste dogter vir die derde keer roep en s?: "Pa, ek smijt net nou die bok se kop met rugstring en al weg: hoor hoe praat en kreun hij, en kijk hoe knip hij sij o?," toe blij die draers staan om te kijk. En terwijl hulle blij staan, draai die vier kwarte hulle bo op die koppe van die draers om. Hulle sit van skrik die vier kwarte op bossies neer om di? nie vol sand te laat word nie. Elke kwart draai hom weer reg, want die dorings en skerp punte van die takkies steek hulle. Toe skrik algaar nog meer en staan eenkanttoe.
Die een agterkant spring toe op en gaan na sij plek aan die rugstring en heg hom daar vas, toe spring die ander agterkwart ook op en heg hom op sij plek vas; daarop spring die een voorkwart op en gaan na sij plek aan die rugstring toe; daarop volg die ander voorkwart en heg hom op sij plek vas; toe kruip die ingewande in die afgeslagte bok; die bok spring na die vel toe, en die vel vouw hom daarop om die bok, net soos hij tevore was, en die bok staan weer ewe bedaard die draers te aanskouw. Daarop hol hij op 'n kort galoppie weg en word daarna weer die Hotnotsgod, wat soos 'n lang, skraal Sprinkhaan lijk.
So vind die ou vader en sij gesin uit dat 'Kaggen hulle lelik geflous het. Maar hiermee was dit nie gedaan nie.
Die Hotnotsgod, na verloop van enige dae, verander drie van sij seuns in drie jonkmans en hij stuur hul na die drie jongmeide toe. Die drie meide krij net sin in die drie mooi jongk?rels. En ieder jonkman vat een van die dogters en trouw met haar.
Hulle maak toe hutte van bossies en gaan daarin woon; want daar was volop Wild en veldkos--net soos hulle ma hulle voorspel het--, solank die drie dogters die snoere om hulle nekke dra.
Daar het toe ook baie ander Boesmans kom woon, wat op die Wild en veldkos kom jag maak het. So het daardie plek net 'n plek van plesier geword.
Sonder om te twis, het hul daar in vrede saam gewoon; want kos en al die nodige was daar volop; plesier en pret het daar nie ontbreek nie, en wat wil hulle meer h?? In een woord, dit was daar 'n lui-lekker land.
NO. 3.
DIE BERGE IS DIE OUDSTE DOGTER.
OPMERKINGS:--In hierdie Storie word ons vertel omtrent die ontstaan van Berge. Die verteller het die oudste suster altijd 'Kou genoem, wat berg in die Boesmantaal beteken.
'Kou, die oudste Dogter, en haar man, die seun van die Hotnotsgod, het vir hulle hutte van bossies gemaak en daarin gewoon. Sij het nooit die snoer van Skilpaddoppies van haar hals afgehaal nie; so was daar baie Skilpaaie, en sij kon net soveel vang om te eet as sij wil. Sij word toe so gek na Skilpadvleis dat sij glad geen lus vir ander kos krij nie--sij wou net Skilpadvleis eet en niks anders nie.
Maar 'n Skilpad is 'n diertjie wat stadig loop en lui is--so het 'Kou ook stadig en lui geword. As sij vir haarself gaan Skilpaaie daar nabij in die veld haal, dan neem dit amper die hele dag vir haar om die kort entjie daarheen en terug af te stap. Sij doen toe niks meer vir haar man en kind nie. Die man het eers met haar daaroor geraas en toe geslaan; maar hij kon net so goed met 'n Skilpad, of die klippies wat in die Skilpaddoppies was, geraas het. Die man moes toe voortaan maar alles self alleen doen--ja, hij moes selfs gaan om vir haar Skilpaaie te vang.
Hij het altijd gaan jag en veldkos gaan haal, waarvan hij en die kind gelewe het; want hulle twee wou nie Skilpadvleis alleen eet nie, uit vrees dat hulle ook net so lui as 'Kou sou word.
Een dag was die man weg veld-toe om te gaan jag, toe kom daar 'n Bobiaan en vra aan die kind, waar sij ma is, want hij wil die riempie h? waarmee die Skilpaddoppies om haar nek ingesnoer is.
Die kind wou nie vertel waar sij ma is nie, so s? die Bobiaan aan die kind dat hij daardie riempie wil h?, want dit was gemaak van die vel van sij broer, en s? dat hij die volgende dag weer sou kom en dan sou hij die riempie van 'Kou haar nek met geweld kom afpluk.
Toe die man thuis kom, vertel die kind aan hom hoe brutaal die Bobiaan was, en smeek sij pa om tog die ander dag nie veld-toe te gaan nie, maar thuis te blij.
Die volgende dag kom die Bobiaan net soos hij ges? het, en hij herhaal sij eis; dog die man grijp na sij pijl en boog en dreig om die Bobiaan te skiet as hij nie op die daad weggaan nie.
Die Bobiaan, wat ook een van die ougeslag se mense was, s? dat hij sal loop, maar waarskuw 'Kou dat hij die volgende dag met 'n kommando van sij broers sou kom om die riempie te haal, en dan sal hulle die hutte meteens flenters breek. Daarop stap hij brom-brom weg.
Die man gaan toe gouw veld-toe om kos in die huis te bring en hij maak hom gereed vir die aanval op die volgende dag.
Net soos hij ges? het, kom die Bobiaan die volgende dag met 'n groot geselskap van sij famielie.
Die Hotnotsgod, die vader van die man, sit die speletjies bedaard aan te kijk. Hij verander die man, wat sij seun is, in 'n groot Vo?l, en die kind verander hij in die Weerklank, of Echo. Die Vo?l vlie op en maak 'n groot wind met sij vlerke, sodat daar 'n dik stof kom en die Weerklank maak 'n groot geraas. Toe die Vo?l in die rondte warrel, ontstaan daar 'n vreeslike warrelwind, wat klippers en stukke hout rondsmijt. Hier krij 'n Bobiaan 'n slag met 'n klip teen die kop, daar 'n ander 'n houw met 'n stuk hout, en die sand en stof dwarrel so verskriklik in die o? van die Bobiane dat hulle verplig was om uitmekaar te spat en op vlug te gaan. In hulle vlug, daar v?r vandaan, roep hulle uit: "Wag maar, ons sal 'Kou nooit met rus laat nie--op haar graf sal ons rondstap en die klippe daarvan sal ons gedurig omkrap en omrol." Maar in ieder geval stap hulle skel-skel voort.
Maar 'Kou het bij die dag luier en luier geword: sij raak toe in slaap, en sij slaap, slaap, slaap tot vandag toe nog. Sij het in haar slaap in 'n groot berg verander, om nooit weer wakker te word nie.
Toe die Bobiane sien hoe 'Kou in berge verander het, was hulle net blij, en uit weerwraak gaan hulle daar op die berge rinkink; want hulle het 'Kou mos gesweer dat hul haar graf nie met rus sou laat nie en het haar voorspel dat hulle die klippe van haar graf gedurig sou omkeer en rondrol. En hulle maak vandag nog so en sal so maak tot solank as daar nog 'n Bobiaan te vinde is om klippe om te rol.
'Kou, die berge, is nie dood nie, maar rus in 'n ewige slaap.
NO. 4.
DIE WIND EN DIE WINDVO?L.
OPMERKINGS:--In hierdie Storie word ons vertel dat die Wind die gedaante van 'n Vo?l aangeneem het en nou in 'n gat in die berge woon. Ook word die menslike Gees as Wind voorgestel: Dieselfde geloof het die Kaffers ook, wat Wind en Geest met die een woord I-moya uitdruk.
'Kou, die oudste van die drie Dogters, is in Berge verander geword; haar man, die seun van die Hotnotsgod, is in 'n Vo?l, of Windvo?l vervorm geword. Hij het toe in 'n gat in 'n klipkrans in die berge gaan woon. Dis niemand geraai om nabij die gat waarin die Wind woon, te gaan nie. In di? gat is 'n groot gedruis. Sodra iemand nabij die gat kom, dan waai daaruit 'n geweldige Wind, wat daardie een teen die grond smijt, om sij o? met sand en stof te vul. Of anders dwarrel die Warrelwind daardie een op, op, op in die lug, dra hom v?r weg en laat hom bo uit die lug val. Dan gaan die kwaadgemaakte Wind rond en waai al die hutte waarin die ander mense woon, aan flenters en voer die bossies, matte of velle daarvan v?r weg dat die eienaars dit nie gouw weer kan krij nie. So pas op! om die Wind nie kwaad te maak nie, of om te nabij sij huis te gaan nie.
Maar die Wind was eers 'n mens, 'n man uit die ougeslag. Hij het eers op sij voete rondgeloop net soos die ander mense; toe was hij stil en het met hulle saam gespeel en gejag. Hij het met kieries en klippe gegooi, of hij het met pijl en boog geskiet. Hij het gesing en gedans nes die ander mense.
Maar toe hij 'n Vo?l geword het, het hij nie meer geloop nie, maar het net gevlie om sij kos te soek.
As hij stadig met sij vlerke klap, dan blaas die wind saggies; as hij vinniger klap, dan waai die wind sterk; maar as die Vo?l hom op die grond gaan plat gooi, om met sij voete te skop en krap en dan met sij vlerke woes die sand en stof opklop, dan trek die banke stof, die bome buig en kraak, en die lugstroom smijt alles omver waarmee dit in aanraking kom. Die Boesmans s?: Die Wind waai sterk as die Vo?l sit.
Wil die Vo?l 'n warrelwind laat opkom, dan staan hij met sij pote op die grond, krap die grond los en draai vinnig met sij oop vlerke in die rondte. Dan kan 'n mens 'n pilaar stof in die lug sien optrek en ronddraai.
Add to tbrJar First Page Next Page Prev Page